Wikipedia

Soekresultate

Sondag 26 Maart 2023

Rooksein

 Rooksein





Basiese Informasie

Volle Regte Name

Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen.

Groep Naam    

Rooksein

Stigtings datum

2018

Stigtings plek

Potchefstroom

Land van oorsprong

Suid Afrika

Sang Genres

Afrikaans, Pop, Covers

Plate Maatskappy

Universal

Webwerf

                                https://rooksein.wixsite.com/rookseinepk  


Sosiale Media / Webwerf
Facebook: https://www.facebook.com/Rooksein/
Twitter: 
Instagram: https://www.instagram.com/rooksein/?hl=en
Deezer: 
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UCNhF39-7F4d8SOW93chtNPg?feature=gws_kp_artist&feature=gws_kp_artist
Spotify: https://open.spotify.com/artist/0TX0T9VkzOTEjsdzi1a4nT?autoplay=true
Youtube Music: https://music.youtube.com/channel/UCePOIQaLA0KSfVHW116xXQg?feature=gws_kp_artist&feature=gws_kp_artist
Apple Music: https://music.apple.com/za/artist/rooksein/1451297514
Amazon Music: 
Soundcloud: 
Universal: https://www.umglive.africa/portfolio-item/rooksein/
LinkedIn: 
Facebook Persoonlik: 
IMDB: 
Wiki: 
Website: https://rooksein.wixsite.com/rookseinepk

Vinnige Feite
Verhoog naam: Rooksein
Aktiewe Jare: 2018 - Tans
Stokpertjies:
Troeteldiere:
Gunsteling kos:

Onderhoud Rekort
 
Bio
Rooksein is ‘n musiek groep gestig in Potchefstroom, Suid Afrika, aan die begin van 2018. Die groep bestaan uit drie lede, Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. 
Rooksein het sy begin gevind deur musikant Renier van der Westhuizen se wens om goeie musiek in Potchefstroom te begin maak. Hy betrek toe twee ander musikante met die selfde visie om musiek te maak wat krag dra. 
Rooksein is begin met die doel om koppe te draai en goeie, mening volle Afrikaanse musiek te maak in ‘n generasie waar hierdie tipe musiek besig is om uit te sterf. Rooksein verkies wel om nie slegs Afrikaanse musiek op te voer nie maar het ook verskeie Engelse liedjies en eie komposisies wat deel vorm van hulle repertoire omdat hulle voel dat dit belangrik is om ‘n gesonde balans te handhaaf. Rooksein bestaan uit drie baie talentvolle musikante wie elkeen sy en haar eie pad gevind het in musiek om uiteindelik in hierdie groep op te eindig. 
Megan Danner is die hoof sangeres vir die groep en vind haar begin in musiek aan die Marinda Hunter Musiekskool in die Paarl en begin daar op ses-jaar-oud al woeker met haar talent. Sy vorm deel van haar skool kore en neem ook elke jaar aan verskeie talent kompetisies deel, insluitend die Barnyard Talent Search. Na verskeie Musiekblyspele en Eisteddfods het sy haar hoogtepunt bereik in 2016 toe sy as finalis gekies is in die Top 10 van Kyknet Uitblinkers Solis vir Christus. 
Dian André Maritz speel kitaar vir Rooksein en het al van jong tyd af begin oefen toe sy ouers vir hom 'n regterhandse kitaar gekoop het maar vergeet het dat hy links is. Dit het hom nie terug gehou nie, hy het slegs die snare omgeruil en het tot onlangs steeds die kitaar onderste-bo gespeel. Met bloodstelling van Queen, Peter Gabriel, Cat Stevens, en nog ander, het Dian se pa hom met musiek inspireer. Dit is wel eers later, toe sy suster hom uitdaag om 'Ocean' van John Butler te leer, wat hy musiek ernstig begin opvat het. Hy het later sy Trinity Rock School eksamens tot-enmet graad 7 voltooi en ook sy eie liedjies begin skryf na 'n liefdes teleurstelling in Matriek. Hy skryf vandag nog sy eie musiek en besef dat musiek iets is wat deel van hom is en nooit sal weggaan nie. 
Renier van der Westhuizen is die stigter, akoestiese kitaar speler, sanger, en doen die perkussie vir die groep. Renier kom uit ‘n baie musikale familie en speel al van 8 jarige ouderdom dromme in die kerk. Sy familie se musikale talente het hom geïnspireer om verder te vorder en self ook net beter in musiek te word. Hy het dus leer kitaar speel en musiek as vak op skool ook geneem. Sy liefde vir musiek het soveel gegroei dat hy homself net dieper in die musiek gevind het en daardeur ook ander mense met so ‘n liefde vir musiek ontmoet het. Rooksein hoop om ‘n verskil en verandering deur hulle musiek te maak en voel dat dit ‘n absolute voorreg is om hulle talente te kan gebruik om hierdie verskil aan te bring in die samelewing.
 
Musiek Instrumente
  
Musikale Invloede
 
Kort Beskrywing
Rooksein is 'n musiek groep gebasseer in Potchefstroom, Suid Afrika. Die trio bestaan uit drie lede: Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen.
Rooksein beoog om meningvolle musiek te maak en deur hulle talente uit te leef hulle passie vir musiek ook uit te leef.
  
Huidige Woonadres
  
Skakelbeampte / Bemarkings Maatskappy / Besprekingsagent
Besprekings en Navrae: Leozelle Bekker
Platemaatskappy: Universal
  
Diskografie
CD's
  
Enkelsnitte
 
Filmografie
 
Toekennings
  
Ander

Enkelsnit Vrystelling Persverklarings
 
Skakels & Bronne
https://rooksein.wixsite.com/rookseinepk 
 


Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...