Wikipedia

Soekresultate

Dinsdag 20 September 2022

Thys die Bosveldklong

 Thys die Bosveldklong








Basiese Informasie

Volle Name

Thys Streicher

Noemnaam

Thys

Geboorte datum

17 Junie 1974

Geboorte plek


Land van oorsprong


Sang Genres


Plate Maatskappy


Webwerf



Facebook Info

  • Start Date

Born on June 17, 1974

  • Affiliation

Bosveldklong Promosies & Produksies

  • Short Description

083 388 5509 
082 894 8058 
info@bosveldklong.co.za
Twitter @Bosveldklong

  • Bio

Splinternuwe CD "Ek sal boertjie bly" is nou beskikbaar. Bestel jou getekende kopie by info@bosveldklong.co.za
Hier volg n ... See More

  • Awards

Sama toekenning vir Komedie !

  • Personal Information

Konsert en fondsinsameling-veilings besprekings by 083 388 5509 082 894 8058
E-pos : info@bosveldklong.co.za of Thys: thys@bosveldklong.co.za
Volg ons ook op twitter @Bosveldklong

  • Personal Interests

Konsert en fondsinsameling-veilings besprekings by 083 388 5509 082 894 8058
E-pos : info@bosveldklong.co.za of Thys: thys@bosveldklong.co.za
Volg ons ook op twitter @Bosveldklong

  • Phone

083 388 5509 of 082 894 8058

  • Email

info@bosveldklong.co.za of thys@bosveldklong.co.za

  • Website

www.bosveldklong.co.za

Website

Facebook: 
Bosveldklong Ondersteuners Groep

Twitter: @Bosveldklong

Naam:
Thys Streicher

Geboorte datum:
17 Junie 1974 

Thys se eerste CD (Man se ding) verskyn 1997. Hier volg 'n lys van sy vrystellings tot op hede; 

1997 – Man se Ding 
1999 – Ma se Pa se 
1999 – Gee dit Horings
2001 – Ek hou nie van werk nie
2002 – Jaloersbokkie
2003 – In die Middel 
2004 – Korrektiewe Afrikaans ( dubbel cd )
2004 – Boeretroos 
2005 – Thys die Bosveldklong ; Grootste treffers "Live" ( DVD )
2006 – Vet Pret 
2007 – Vet Pret "live show" ( DVD )
2007 – Op Veiling (dubbel cd met country treffers)
2009 – Kom Lag n Slag "Live Show" (DVD)
2009 – "Net virrie Grap" DVD (bestes uit reeks 1&2) 
2010 - 20 Treffers / 10 Jaar.


Al hierdie CD's het "goue" of "platinum status" bereik. Thys het ook die eerste SAMA- toekenning vir komedie gewen in 2009 met sy "Op Veiling"cd en is al vir elke denkbare musiek toekenning benoem.

Thys het ook n rits baie interessante produkte wat by sy vertonings beskikbaar is: CD's, DVD's, boeke , hoedjies , plakkers , fotos , wyne , braai reeks, stresflesse en selfs n "Bossie se Flossie" G-string!

Thys is n baie bekende gesig op TV en het al in programme soos Bangjan Dooiejan, Dis hoe dit is , Stoute boude, Kwêla , DKNT , Pasella , Belboks , Fiesta en Maak n Las sy buiging gemaak. Hy het ook in 2001 by die Maak n Las span aangesluit en was vir vier reekse mede-aanbieder van hierdie gewilde SABC2 reeks.

Thys is ook te sien op Kyknet as aanbieder, vervaardiger en konsephouer van die humoristiese reis-program "Net virrie Grap". 
Hy toer ook die land vol met sy skaterlag "Rolmodelle" produksie wat saam met kollegas: Zak van Niekerk, Gerhard Odendaaal en Jaco Labuschagne gedoen word.

Thys het ook sy film debuut gemaak in 2002 saam met Steve Hofmeyr in "a Case of Murder " waar hy die rol van die trein kondukteer vertolk het ! ! ! Die film was al n paar keer op M-net uitgesaai en is ook op dvd beskikbaar.

Thys die Bosveldklong konserte en musiek is heerlik humoristies en word geluister en geniet deur oud & jonk. Hy sing oor als wat snaaks is (somtyds die snaaks in ernstige situasies) en skeer graag die gek met alles en almal (insluitend homelf). Sy konserte is baie gewild en skreeusnaaks. Mense stroom na sy vertonings om na sy kwinkslae en lekker voete- jeuk musiek te luister. Thys se musiek en humor is vir die hele gesin ….. selfs die dominee ook !

Thys is ook bekend as n hardwerkende man wat nie sommer na 12h00 in die middag nog in die bed sal deurbring nie. Hy's gewoonlik op sodra die son deur sy kamervenster skyn (kamer aan weste kant van sy huis).

Thys is in 2009 getroud met Debbie Streicher. Sy is n binnehuise versierder en ontwerper. Deesdae moet die beroep kompeteer met n fris jong baba-seuntjie genaamd Stiaan Streicher (gebore: 25 Julie 2010), wat al sy mamma se aandag en energie verg!

Thys se broer, Piet Streicher toer altyd saam en behartig die klanksisteem en beligting, kantoor, produkte en verkope by die vertonings. Broerpiet (soos almal hom noem) is n gesoute klankman en doen ook gereeld klank en beligting vir verskeie kunstenaars met feeste en ander geleenthede. Piet is ook Thys se venoot in hul familie besigheid "Bosveldklong Promosies & Produksies". Die twee broers werk al vir 12 jaar saam, is beste maats en onafskeidbaar.

Thys is ook n gekwalifiseerde afslaer, (SA College of Auctioneering 2007, Goue Diploma vir 85% slaagsyfer) en kan genader word om jou volgende veiling te behartig.
Hy doen gereeld liefdadigheids funksies en samel groot bedrae in met sy veilings.
Kontak hom gerus om oor enige veiling van wyn tot eiendom te gesêls.

Thys die Bosveldklong is trots Afrikaans en gebruik Engels net uit self verdediging. Sy stokperdjies sluit als in van teken , scuba-duik , valskermspring , motorfiets ry , vlieg-hengel , lees , braai , 
kuier , vakansie hou tot rekspronge ! (met daai lyfie – kan jy glo ? ).

Thys sê "lag hou jou gesond!" en mens moenie die lewe te ernstig opgeneem nie want jy kom nie lewendig daar uit nie!!!

Konsert besprekings by:

Piet: 08 33 88 55 09 of Bespreekings Email

Wikipedia

Thys die Bosveldklong (gebore as Thys Streicher17 Junie 1974) is 'nAfrikaanse sanger wat ligte vermaakliedjies sing. Van sy treffers sluit in Jaloers-BokkieEk Hou Nie Van Werk Nie en In die Middel. Hy was ook mede-aanbieder van kykNET se program Net vir die Grap.

Inhoud

  [versteek

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Kom Lag 'n Slag, 2009

  • Vet Pret, 2008

  • Grootste Treffers, 2008

  • Op Veiling, 2007

  • Vet Pret, 2007

  • Grootste Treffers, 2005

  • Vet Pret, 2006

  • Boeretroos, 2004

  • Korrektiewe Afrikaans, 2004

  • In die Middel, 2003

  • Jaloers-Bokkie!, 2003

  • Ek Hou Nie Van Werk Nie, 2001

  • Ma Sê Pa Sê, 1999

  • Gee Dit Horings, 1999

  • Go Eagles Go!, 1998

  • Man Se Ding, 1997

  • So waar as vet, 2005[1]

Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...