Bok van Blerk
BOK VAN BLERK
gebore Louis Andreas Pepler op 30 Maart 1978, het in Pretoria grootgeword. Ná skool op Hoërskool Die Wilgers het hy vir nege maande in Rotterdam, Nederland rugby gespeel en daarna Boukunde en Konstrukiesbestuur studeer. Hy was toe vir sewe jaar in die boubedryf voor hy 'n professionele sanger geword het.
"Ek het maar altyd 'n kitaar saamgevat as ons gaan kamp het of om 'n vuur gekuier het," vertel Bok. In 2005 is hy deur Sean Else en Johan Vorster genader om hul platemaatskappy, Mozi Records, se eerste kunstenaar te word. 'n Album is opgeneem en as Bok van Blerk en die Mossies: Jy Praat Nog Steeds My Taal in Maart 2006 vrygestel.
In Oktober word die album weer vrygestel maar hierdie keer is die titel De la Rey na aanleiding van die trefferliedjie wat stadig maar seker onder mense se velle begin kruip het. Die verkope van die album begin klim en dit word een van die grootste verkopers van 2007. Die verkope van die album is vandag net onder 200 000 wat dit een van die suksesvolste debuutalbums ooit in Afrikaans maak.
Bok ryg behoorlik die pryse in 2007 in. Hy wen drie Tempo-toekennings, vyf Vonk-toekennings en die video van De la Rey wen die MK Musiekvideo van die Jaar-prys.
In 2007 is Bok deel van Ons Vir Jou, 'n rugbyalbum wat uitgereik is vir die Wêreldbekertoernooi wat uiteindelik deur Suid-Afrika gewen is. Die album is 'n reuse sukses met verkope van 90 000.
Ná die sukses van De la Rey wat bykans 200 000 albums verkoop het, is Bok van Blerk terug met‘n nuwe album wat beloof om net so groot soos die vorige een te wees. Afrikanerhart is ‘n album met vyftien oorspronklike snitte en wissel van sosiale kommentaar tot liedjies om op te jol. Die Afrikanerhart album het reeds dubbel Platinum status bereik.
Bok het as sanger en liedjieskrywer baie gegroei sedert sy weghol debuut in 2006. “Dit was nodig dat ons so lank moes wag met ‘n tweede album,” sê Bok. “Ek het in daardie tyd gegroei as kunstenaar en wou wag vir die regte tyd om ‘n tweede album uit te bring. Ek is baie opgewonde oor die album en veral opgewonde oor die nuwe klank en neiging wat die album inslaan. Ons gaan vorentoe met hierdie album. Daar is van die liedjies wat snypunte aanraak waarby mense aanklank sal vind en daar is selfs ‘n liefdesliedjie. Wie sou ooit kon raai dat Bok van Blerk ‘n love song sal doen! Ons het hard gewerk aan die album en ek glo mense gaan dit net soveel, indien nie meer nie, as die vorige album geniet. Ek sien uit daarna om met die album te toer en die nuwe liedjies vir die mense te bring.”
Bok het verskeie belangstellings. Hy is lief vir die natuur, jag, diepseevisvang, motorfietse en natuurlik musiek.
Toekennings en Film
Gewilde solo kunstenaar, met verskeie toekennings, onder andere:
∙ 2007 – Drie Huisgenoot Tempo Toekennings,
∙ 2007 - Vyf Vonk Toekennings
∙ 2007 - MK Musiek Video van die Jaar (De La Rey)
∙ 2007 – Help met die vervaardiging van die rugby musiek album, Ons vir Jou, wat meer as 90 000 eenhede verkoop het
∙ Afrikanerhart, sy tweede album, het baie vining dubbel platinum status behaal
∙ 2010 SAMA – Best Selling Album (Afrikanerhart)
∙ 2010 - Top Verkoper: SA Kunstenaar van die jaar
∙ Multi-Platinum CD verkoper
∙ Vier solo albums – De La Rey, Afrikanerhart, My Kreet en Steek Die Vure Aan
∙ 2013 - Steek die vure aan album (2013) het Platinum status bereik
∙ 57 700 Twitter Volgelinge (@BokVanBlerkReal)
Sy loopbaan as akteur, sluit die volgende in:
∙ 2011 – Manlike hoofrol in die vollengte film, Platteland
∙ 2012 – Manlike hoofrol in die vollengte film, As Jy Sing (NOU op DVD)
∙ 2014 – Vrou Soek Boer (Vollengte film, bereik teaters in 2014)
∙ 2014 – Leading Lady (Internasionale vollengte film. bereik teaters in 2014)
MEER OOR BOK VAN BLERK
Verjaarsdag
30 Maart 1978
Geboorteplek
Pretoria
Gunsteling Kleur
Blou
Gunsteling drankie
Cream Soda
Rolmodelle
Valiant Swart
Gunsteling kos
Steak
Egg
en Chips
Gunsteling motor
Toyota Land Cruiser bakkie en BMW GS1200 Motorfiets
Gunsteling musiek
Travelling Wilburys
Valiant Swart
Foo Fighters
Gunsteling vakansie plek
Mozambique
Gunsteling fliek
Snatch
Gunsteling akteur
Benicio Del Toro en Al Pacino
Gunsteling aktrise
Hanna Grobler, Jana Cilliers en Meryl Streep
Stokperdjie of tydverdryf
Motorfiets ry
en Hengel
Wat is jou lewensleuse
Wees eerlik en opreg
en Moenie die waarde
van vriende onderskat nie
Wat maak jou kwaad
Mense en media wat leuns vresprei
Wat laat jou hart warm klop
Die Bosveld
Waar skool gegaan
Laerskool Donkerhoek
Hoërskool Wilgers
Bok van Blerk, born Louis Andreas Pepler 30 March 1978, is a South African musician who sings in Afrikaans. He became famous in 2006 for his rendition of "De la Rey" bySean Else and Johan Vorster.[1]
Contents
[hide]
Early life and career[edit]
Van Blerk went to Hoërskool Die Wilgers (school) in Pretoria.[2] After his study, he spent time working abroad.[1]
In March 2006, Bok van Blerk and the Mossies released the album Jy praat nog steeds my taal (You still speak my language). The same album was rereleased in October 2006 under the name De La Rey and solely credited to Bok van Blerk. According to Van Blerk "and the Mossies" was removed because his fellow singer, Tanya van Graan, was too busy modelling. Van Blerk is accompanied byJaco Mans (and occasionally Manie van Niekerk) on lead guitar, Francois Coetzee on bass guitar, and Nathan Smit on the drums.[1]
Discography[edit]
Main article: Bok van Blerk Discography
2005: De La Rey
2009: Afrikanerhart
2010: My Kreet
2013: Steek Die Vure Aan
Filmography[edit]
Platteland (2011)
References[edit]
^ Jump up to:a b c ,Tanya de Vente (Vrouekeur) "Bok van Blerk, 'n bok vir sports, accessed 23 February 2007
Jump up^ Rapport, Hanlie Retief gesels met Bok van Blerk, accessed 23 February 2005
External links[edit]
The Right Perspective interview (with YouTube video)
"Between Pride and Prejudice: The Problem of History", about van Blerk's De la Rey
De la Rey music video from MK89 on YouTube
Video interview with Bok van Blerk about "De la Rey" on Beeld webwerf