Wikipedia

Soekresultate

Donderdag 22 September 2022

Hannes van Tonder

 Hannes van Tonder

Hannes van Tonder, is gebore op 9 Julie 1974 in die rustige dorp Welkom, in die Vrystaat. Van jongs af het Hannes ‘n groot liefde en passie gehad vir musiek, en Bles Bridges het ‘n groot impak gehad in Hannes se belangstelling in Liefdesliedjies.. Dit was sy groot rolmodel in die lewe, en Hannes het altyd gese dat dit sy droom is om te bereik wat hierdie ikoon bereik het….Na skool het Hannes begin werk op die myne in Welkom omgewing, maar het ook sy musiek droom uitgeleef deur op te tree waar daar ook al aanvraag vir hom was. In 2002 het Hannes die eer gehad om ‘n oudisie te doen vir Kevin Kruger en Dan Hill, twee groot legendes in die musiek bedryf, by hul ateljee “Kaydee Studios” in Johannesburg. Kevin en Dan was bekend vir baie jare se werk saam met van ons voorste sangers soos Bles Bridges, Leon Schuster, en Steve Hofmeyr, om net ‘n paar te noem.. Die oudisie was ‘n groot sukses, en baie beindruk met Hannes se talent, het hulle ingestem om Hannes se cd op te neem.Nuwe liedjies was vanaf Duitse verskaffers geneem, vertaal , en in 2006 is Hannes se eerste cd “ALLES PAS” uiteindelik voltooi. Die album het goeie treffers op gehad, soos ‘Alles Pas” , “Liefde is alles”, en “Heart of a champion”. Nog nie gesout in die musiek industrie nie, kon Hannes nie daarin slaag om ‘n publikasie en verspreiding ooreenkoms te kry nie, maar het deur sy eie inisiatief en deursettingsvermoe steeds daarin geslaag om 1500 cds uit die hand te verkoop. Sy liedjie “Alles pas” het op verskeie gemeenskaps radiostasies die Top 20 gehaal.Hannes het intussen verhuis na Rustenburg, waar hy tans op die Platinum myne werksaam is, en droom steeds daarvan om dit te verruil vir ‘n voltydse musiek loopbaan. Dit was effens vertraag deur die ontydige afsterwe van sy steunpilare, Dan Hill, en Kevin Kruger, wat oorlede is pas nadat sy tweede cd “’N STER VIR MY” voltooi is. Hannes het op eie inisiatief daarin geslaag om ‘n platekontrak te teken met Sting Music, wat tans sy cds bemark en versprei.Sy eerste cd wat op die rakke beland het “ ‘N STER VIR MY” het reeds meer as 10000 kopiee verkoop, wat ‘n groot prestasie is vir ‘n ‘eerste cd’. Veral as mens in ag neem dat Hannes tot dusver op eie inisiatief vertonings doen, meesal slegs vir promosie, sonder veel hulp van agente en promotors.Sy tweede cd “DUISEND DROME” is nou op die rakke en bereik reeds groot hoogtesHy het  nie lank gewag nie, en sy derde cd “SOMER LIEFDE” is pas vrygestel…..Hannes se musiek word op verskeie radiostasies gehoor, en sy 2 musiek videos speel gereeld op Kyknet, hy is ook tans besig om te werk aan die dvd van sy nuwe album se liedjie “Saam met die wind.”  Hy het in 2011 ‘n toekenning ontvang van IFM radiostasie in die Vaal driehoek as “Beste Nuweling”, nadat hy daarin geslaag het om vir 3 agtereenvolgende weke nommer 1 te wees op hul “Country top 10”, met een van sy liedjies,  en het ook reeds sy verskyning gemaak op die programme DKNT, asook op Jukebox.Hannes het sy merk gemaak as Suid-Afrika se nuwe “Troebadoer” en “Minnesanger”, sy jarelange drome word nou bewaarheid en hy sien uit na ‘n lang en suksesvolle loopbaan in die musiek industrie.


HANNES VAN TONDER

SOMER LIEFDE

 

Wanneer ‘n mens die term “minnesinger” naslaan, kom jy agter dat dit ‘n ryk tradisie van lied & liriek saamweef. Die rede hoekom ons by die aweregse punt begin, is omdat die onderwerp van hierdie mediavrystelling, Hannes van Tonder, sekerlik die Afrikaanse Musiekindustrie se voorste en tans enigste voorbeeld van hierdie edel genre is.

 

Sy nuwe album, Somer Liefde, is ‘n weergalose plesier. Dit is nie sommer ‘n lukraakte stelling nie: Hannes van Tonder se stem het ‘n rare kwaliteit wat hom oombliklik eien wanneer een van sy liedjies begin speel. Ja, daar is ‘n sterk herinnering aan Bles Bridges in die klank en toon vir die wat dit sou opmerk.

 

Moet egter nie die fout maak om hom sommer goedsmoeds as gevolg daarvan te katgoriseer nie. Hannes van Tonder het sy eie identiteit en soos dinge tans verloop is dit ‘n sterk een.

Sy vertolking verras telkemale. Foutloos, op die noot en g’n foefies om die CD produk beter voor te stel as sy lewendige optredes nie. Wat ons by ‘n volgende punt bring: Om hierdie man te sien optree is ‘n belewenis. Geen verhoog kan hom in toom hou nie. Daarmee bedoel ons dat wanneer Hannes optree hy onmiddellik interaksie met die gehoor bewerkstellig. Hulle word as’t ware deel van die proses, van die liedjies en die uiteindelike suiwer plesier.

 

Die klank en verwerking op SOMER LIEFDE is vars, byderwets met ‘n heerlike skeut nostalgie.

 

         Somer Liefde bevat 12 snitte met die titelsnit op nr. 1.

         Dis egter die derde snit op die album, Saam Met Die Wind wat trefferstatus beloof (en reeds stewig op pad is daarheen).

         Spesial vermelding moet net eenvoudig gaan na se vertolking van Make Me An Island (6). Sonder skroom ‘n hoendervleis en ervaring en super sexy vertolking.

         ‘n Absolute gunsteling snit wat beslis vermelding verdien is nr 9: Wie Sal Kom Nagsê.

 

Daar is sekere Afrikaanse liedjies wat meesterlik stories vertel waarmee ons elkeen kan identifiseer en Hannes van Tonder het daarin geslaag om met SOMER LIEFDE die room van die oes vas te vang.

 

Dit is so bitter selde dat ‘n mens ‘n CD in die speler druk en dan in vrede na elke snit kan luister. Soveel kunstenaars skep die indruk dat hulle gapings moes vul en straks net op sekere snitte gekonsentreer het. Nie hierdie kunstenaar en sy nuwe album nie.

 

Hannes sluit af met die liedjie Duisend Maal. Wel, dis hoeveel keer ‘n mens na hierdie album gaan luister, indien nie meer nie. Elke enkele snit noop jou om deur te luister - en dan weer – en weer – en weer (jy kry die idee).

 

‘n Sanger is meer as net iemand wat lirieke vertolk. Hy moet ook kan vermaak, die luisteraar kan intrek en laat meeleef. Hannes van Tonder is ‘n meester op al die gebiede.

SOMER LIEFDE is ‘n briljante nuwe toevoeging tot die Afrikaanse musiekmark.

 

Hannes van Tonder kry ‘n 100% aanbeveling sonder enige huiwering.

 

Vorige albums:

 

 

Vir verder navrae en media onderhoude, kontak:

Monica Ferreira Steyn (011 614 1911 / monica@stingmusic.co.za)

 

Please find attached the first single by HANNES VAN TONDER off his brand new album release, SOMER LIEFDE, which is being released this month.  The first single is, Saam Met Die Wind, a beautiful and unique ballad.  Originally written by Andreas Bartels and sung by Nockalm Quintett, the song has been translated into Afrikaans by Roux Cloete and produced and recorded by Dennis East.  There is a music video that is being filmed and will be released to TV within the next few weeks.

 

 

Saam Met Die Wind

Composer: Translated by Roux Cloete – originally “Ja” by Andreas Bärtels / Toni Berger

Publisher: BMG Rights Management GmbH.  Administered by David Gresham Publishing Pty Ltd.

 

For interviews and give-aways or for other enquiries, please don’t hesitate to contact me.


Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...