Armand the singing Cowboy
Armand van der Merwe is maar ‘n eenvoudige ou, volgens die titel van sy nuwe cd. Maar eenvoudig is hy alles behalwe. Hierdie singende cowboy spog met ‘n unieke fluweelstem, ambisie en hope talent.
Armand van der Merwe is ‘n boorling van die Noordwes dorp Bela Bela. Rustenburg word egter sy hart se woonplek en hy matrikuleer aan die Hoër Tegniese Skool, Rustenburg. Armand dink met warme nostalgie terug aan sy kinderdae en familiebyeenkomste waar almal heerlik kon saamsing of die een of ander instrument bespeel. Dit was dan ook geen verrassing dat Armand sy ingebore musiektalent en liefde vir musiek saam met hom moes neem nie. In standerd 6 begin die man kitaar speel en sing. Eers is net die familie vermaak, maar dit was net begin. Niks sou hom stuit nie. Armand durf die musiekwêreld aan en kyk nie vir ‘n oomblik terug nie. Ons mooi taal en country-musiek lê Armand na aan die hart. Hy moes die twee liefdes kombineer, en vandag is Armand en sy wit, dansende perd ‘n pure sangsensasie.
Country musiek is egter nie die enigste genre wat tot Armand spreek nie. Hy is ‘n veelsydige kunstenaar en sy tweede gospel-album, “Dit is my begeerte” het onlangs die lig gesien. Radio Kansel het Armand reeds aangewys as beste manlike kunstenaar. Sy geloof vorm ‘n integrale deel van sy lewe en dit is vir hom wonderlik om sy Godgegewe talente te kan aanwend tot eer van die Here.
Armand se album, “Eenvoudige ou” is ‘n country-cd met ‘n verfrissende verskil. Die musiek is strelend maar terselfdertyd lewendig. Hy sing beide afrikaanse- en engelse country-liedjies op die cd. Armand se optredes is ook buitengewoon. Hy sit op die rug van sy legendariese dansende wit perd terwyl hy sing en sy perd allerlei passies uitvoer. Gehore oraloor word bekoor deur hierdie unieke vermaak en Armand en sy perd is ongetwyfeld hier om te bly.
Die titelsnit van die album, “Eenvoudige ou”, vertel die storie van ‘n doodgewone ou met die alledaagse uitdagings en probleme, wat verlief is op ‘n mooi meisie wat hom skaars raaksien. Aan die einde kry hy darem die meisie. Die lirieke en melodie steek onmiddelik vas en kort voor lank neurie die luisteraar saam. ‘n Pragtige video is dan ook van hierdie liedjie, wat verseker ‘n groot treffer gaan wees, gemaak.
Armand se musiek sal in die smaak val van die tradisionele country-musiekliefhebber maar ook van elkeen wat die ligter kant van die lewe kan geniet. Armand se fluweelstem en die liedjies wat uit sy pen vloei, is ‘n wenkombinasie en gaan die land sommer gou verower.
http://www.singingcowboy.co.za/
Armand, who is known as the Singing Cowboy, travels all over the country with his unique show on horseback. He sings mostly country songs while his horse perform some dance moves and various tricks. He is on the road with this act for more than 2 years now, he has performed at the innibos festival, as well as the Windpompfees, Boertjiefees, Beesfees, Papfees, Paddadorsfees, Ermelo show, Rustenburg show, to mention only a few. He is performing anywhere as long as the area is horse friendly. Even in very small spaces
Armand already has 2 gospel albums and his first country album is a work in progress,
He is not only going around singing on horseback, when Armand isn't on his horse, he entertains you with the best music in town
The Idea to combine the singing with equestrian comes from the fact that Armand is also a specified horsetrainer,