Jak de Priester
Webwerf
Jak de Priester is 'n Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid. Jak se loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld 'Sally Williams Nougat' op te neem.
13 Jaar, 8 albums, 1 digbundel, ‘n koffietafel-woordkuns boek en verskeie verhoorgproduksies later is Jak se loopbaan steeds besig om te groei.
Jak is ook die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks ‘Binnelanders’ wat uitgesaai word op KYKNET, hy skryf ook die temalied vir die KYKNET programme ’10 uit 10’ asook ‘Reis na Gister’ waarvan hy ook die aanbieder is sedert 2012. Jak word ook genoem die ‘Brooklyn Poet’ omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die ‘Groenkloof Spar’ en die ‘Brooklyn Mall’. Jak is bekend vir sy lirieke van sy musiek omrede dit gaan oor gebeurtenisse waarmee meeste mense hulself mee kan vereenselwig.
Jak is ‘n baie diverse kunstenaar (en akteur!) wat van dorp tot dorp toer met sy ‘band’ of pianis. Jak se vertonings is vol komedie, nostalgie en beste van alles ‘beautiful’ musiek!
– WENNER VAN ATKV CRESCENDO KOMPETISIE (2002).
– ONTVANG GERAASMUSIEK TOEKENNING VIR BESTE NUWELING.
– TWEEDE ALBUM “STRATE VAN MY HART” (2004).
Genomineer vir Geraas Toekenning vir “Beste Manlike kunstenaar”
– DERDE ALBUM “BROOKLYN ‘POET’” (2005).
Met die bekende temalied van die reeks ‘Binnelanders’
– VIERDE ALBUM “STELLENBOSCH LOVESONG” BEKEND GESTEL IN AUGUSTUS 2007.
– VYFDE ALBUM “GROEN MAMBA” BEKEND GESTEL FEBRUARIE 2008 BY CENTURION TEATER.
Genomineer vir Huisgenoot Tempo Toekenning 2009 vir “Beste Manlike Kontemporêre Album”
Genomineer vir drie Vonk Musiektoekennings 2009 vir
“Album van die Jaar”
“Beste Manlike Kunstenaar van die Jaar”
“Beste Kontemporêre Album (Manlik)”
– “16 BRIEWE AAN MY BABY” BEKEND GESTEL NOVEMBER 2010.
Dit is ‘n kompilasie album van Jak de Priester se beste liefdesliedjies
– SESDE ALBUM “DIE LIEFDE LOS ‘N SPOOR” IS BEKEND GESTEL SEPTEMBER 2011.
Genomineer vir ‘n GHOEMA toekenning vir Beste Album asook Beste Liedjieskrywer
Benoem vir ‘n Tempo Toekenning vir Beste Kontemporêre album
– SEWENDE ALBUM “N1 VAN MY HART” BEKEND GESTEL IN 2012.
Genomineer vir ‘n SAMA toekenning vir Beste Kontemporêre album asook ‘n Ghoema nominasie vir dieselfde kategorie
– EERSTE KINDERALBUM EN DVD “MYNE, MYNE, MYNE” BEKEND GESTEL IN 2014.
Albei benoem vir ‘n Ghoema toekenning
– JAK SE DEBUUT DIGBUNDEL “HEUNING IN DIE MOND” WORD BEKEND GESTEL IN 2005.
– JAK SE GEDIG “ONSEKERHEID” WORD OPGENEEM IN DIE NUWE AFRIKAANSE GROOT VERSEBOEK, VRYGESTEL IN 2009.
– JAK SE BOEK “BROOD” IS IN 2010 BEKEND GESTEL
‘n Paar van Jak de Priester se hoogtepunte tot dusver sluit in:
Jak de Priester is een van die 4 kunstenaars wie deel is van die Johannes Kerkorrel Special wat op SABC 2 op 12 November 2004, ‘n jaar na sy dood uitgesaai word.
Verskyn in 2004, 2005, 2007, 2009 en 2011 by Huisgenoot Skouspel
Jak is ook deel van die suksesvolle produksie ‘Afrikaans is Groot’ sedert 2012
In Mei 2005 tree Jak saam met Nataniël by Royal Albert Hall in London, Engeland op asook in sy produksie “Nataniël and friends” in Emperors Palace, Gauteng.
Deel van 2007 se “Smokie/ Jacaranda 94.2” vertoning by die Innibos kunstefees.
Jak de Priester is die enigste jong kunstenaar wat gevra is om saam met Amanda Strydom, Coenie de Villiers en Nataniel te sing in die Hillbrow teater tydens groot liefdadigheids geleentheid vir MES.
Jak het ook verskeie kere sy vertonings geneem na London, Engeland asook Australië. Sy bekende liedjie ‘Sally Williams Nougat’ was in die Top 20 op ‘n Engelandse radiostasie.
Jak skryf die temalied vir die Tygerbeer Organisie vir getraumatiseerde kinders, en stel die lied bekend by ‘n groot geleentheid in Augustus 2008 met o.a die Minister van Gesondheid. In 2009 word Jak ook aangewys as ambassadeur vir hierdie organisasie.
Jak de Priester skryf en sing ook die temalied vir die gewilde Afrikaanse MNet drama, “Binnelanders” asook die program “10 uit 10” en “Reis na gister” op KYKNET
Jak de Priester is ook deel van Rapport se Musiek Maestro’s toer in 2009, 26 vertonings is aangebied regoor die land.
Een van Jak se gedigte ‘Onbekend’ word ook opgeneem in die nuwe ‘Die Groot Verseboek’ wat in 2009 vrygestel is.
Jak toer in 2011 saam met Koos Kombuis in ‘n produksie getiteld ‘Brooklyn Babalaas’
Hy is ook deel van Laerskool Hennopspark in Centurion se 30 jaar vieringe in die Staatsteater, as draaiboekskrywer en kunstenaar.
In September 2011 word Jak de Priester, as komponis van Afrikaanse musiek, vereer deur die ATKV tak Pretoria. Vorige ontvangers van hierdie toekennings was oa, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Lize Beekman, Chris Torr (Laurika se man), Christa Steyn ens.
2 van Jak se liedjies word ook opgeneem in die nuwe FAK Sangbundel – 75ste Herdenking en hy is ook deel van verskeie produksies vir die bekendstelling van die nuwe FAK.
Jak skryf ook ‘n rubriek getiteld ‘Pa se stem’ vir Baba & Kleuter sedert 2011.
Die liedjie ‘Sally Williams Nougat’ is verewig by die FAK se Liedjietuin by die Voortrekker monument in Pretoria
4 van sy liedjies is in die gewilde Afrikaanse film ‘Semi-Soet’ gebruik as deel van die klankbaan
Jak de Priester was ook deel van die groot Jakaranda Innibos konsert in 2014 voor 50 000 mense.
‘n Hoogtepunt vir 2015 is die duet getiteld ‘Lullaby vir Suid-Afrika’ wat Jak saam met Laurika Rauch opgeneem het vir sy nuwe album
Jak stel in 2014 sy eerste kinderalbum bekend asook kinder dvd van die musiekalbum in samewerking met die animasie kunstenaar Diek Grobler, verder toer hy deur die land na al die feeste en teaters met sy nuutste produksie ‘Jak de Priester – Ek reis na Gister’. Die nuwe cd met dieselfde title word bekend gestel in Maart 2015.
PAGE INFO
Short Description
www.jakdepriester.co.za
info@jakdepriester.co.za
Twitter:@jakdepriester
Bio
Jak de Priester nuwe album “N1 van my hart”
Jak de Priester stel sy splinternuwe album “N1 van my hart” bekend in Februari... See More
Gender
Male
Email
info@jakdepriester.co.za
Website
Wikipedia
Jak de Priester is 'n Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is in 2002 deur die ATKVas wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van sy treffers sluit in: "Sally Williams Nougat" en "Groen Mamba". Hy het ook die temalied van KykNETse sepie, Binnelanders geskryf en gesing.
De Priester het 'n BA-graad van die Universiteit van Pretoria.
Inhoud
[versteek]
Diskografie[wysig | wysig bron]
Sally Williams Nougat (2003)
Strate Van My Hart (2004)
Heuning in die mond, digbundel (2005)
Brooklyn Poet (2005)
Stellenbosch Lovesong (2007)
Groen Mamba (2009)
Brood, boek, 2010 GRIFFEL
Die liefde los 'n spoor (2011)
N1 van my hart (2013)
Ek reis na gister (2015)