Muller Brandt
Sosiale Media / Webwerf
Facebook: https://www.facebook.com/mullerbrandtmusiek/
Twitter: https://twitter.com/mullerbrandt?lang=en
Instagram:
Deezer:
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UC0EX0Faxl1Pw_GroUYbUQOQ?feature=gws_kp_artist&feature=gws_kp_artist
Spotify: https://open.spotify.com/artist/72ylqxCBlJ3k3cRUhNL3pI?autoplay=true
Youtube Music: https://music.youtube.com/channel/UC0EX0Faxl1Pw_GroUYbUQOQ?feature=gws_kp_artist&feature=gws_kp_artist
Apple Music: https://music.apple.com/za/artist/muller-brandt/1482259283
Platemaatskappy
Genre
Musiek Instrumente
Kort Beskrywing
Bio
Huidige Woonadres
Afkomstig van
Skakelbeampte / Bemarkings Maatskappy / Besprekingsagent
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
Diskografie
Filmografie
Onderhoud Rekort
2022/0/21 om 18h15 oor Album en Enkelsnit - Brand die Skepe
Ander
Persverklaring oor Brand die Skepe
VIR ONMIDDELLIKE UITEREIKING:
MULLER BRANDT REIK SY EERSTE VOLLENGTE ALBUM UIT
Na twaalf jaar in die musiekbedryf, het die gewilde sanger en liedjieskrywer – Muller Brandt – uiteindelik die voorreg
om sy langverwagte debuut-album met Suid-Afrikaners te deel.
BRAND DIE SKEPE is ’n volbloed Afrikaanse album wat spesiaal saamgestel is om jou op reis te vat deur verskeie
emosies; van diep betekenisvolle snitte wat die hartsnare prikkel tot lekkerluister-saamsingliedjies wat jou voete sal
laat jeuk om te dans.
Die eerste snit op die album, met dieselfde naam (Brand Die Skepe) word ook vandag uitgereik, tesame met ‘n
musiekvideo wat vervaardig is deur AJP Media House en in Stilbaai geskiet is.
Kyk die video hier: https://youtu.be/6yraM7RUUhc
“Ek droom al lank daarvan om ’n album uit te reik en wou iets skep wat eg is aan wie ek is en die tipe musiek wat ek
maak,” vertel hy. “Die titelsnit is baie persoonlik vir my, omdat die boodskap daaragter my storie so mooi uitbeeld.”
Volgens dié musikant lê elke snit wat hy vir die album gekies het hom na aan die hart. “Ek het die volgorde van die lys
van snitte spesiaal gekies volgens die energie van die liedjie, om die perfekte luisterervaring te skep. Verder was dit
vir my belangrik om gemaklik te wees met elke snit wat op die album verskyn. Ek glo dat ’n goeie liedjie goed moet
klink sonder produksie, so as ek op hom op die kitaar kan speel, sonder elemente, en dit klink lekker het ek dit
opgesit.”
Die grootste deel van die inhoud, is deur hom en Jattie de Beer geskryf, maar hulle het ook saam met Riaan Benadé,
Marno van der Merwe en Jako Meyer gewerk.
Buiten vir sy eerste enkelsnit, Moedertaal, wat onlangs vrygestel is en ongelooflik goed ontvang is, meen hy dat
Braaibroodjies ook die potensiaal het om baie gewild te wees onder diegene wat hou van lekker kuier.
“Die album is anders want dit is ek! Ek het natuurlik invloede en mense wat my inspireer, maar ek en Jattie de Beer
het dit reg gekry om my klank te kry en op te neem. As jy die album luister kan jy uitsien na 100% Muller Brandt,” sê
hy.
Muller Brandt het in Pretoria grootgeword. Sy pa se liefde vir country-musiek het sy passie vir sing laat vlam vat en
hy het nog nooit afgewyk van sy droom om ’n voltydse sanger te wees nie.
Dié dertigjarige kunstenaar meen dat Theuns Jordaan die grootste invloed gehad het op sy eie styl, maar vind ook
aanklank by musikante soos Kris Kristofferson, Johnny Cash, Elvis Presley, Boney M, Bryan Adams, Bon Jovi, John
Mellencamp, Neil Diamond en Luke Combs.
Hy is reeds besig is om liedjies bymekaar te maak vir sy volgende album, maar vir nou werk hy eers daaraan om sy
huidige een te bemark en ’n landswye toer te beplan.
2
“Ek wil hê die luisteraar moet saam my kan lag, huil en dans. BRAND DIE SKEPE bied ’n lied vir elke emosie en
geleentheid,” sluit hy af.
Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://MullerBrandt.lnk.to/BrandDieSkepe
LYS VAN SNITTE
Brand die Skepe
Musiek wat ons gemaak het
Moedertaal
Braaibroodjies
Wildebees
Tot die dood
Hartsland
Net te jonk
Vat my terug
Opstaan as een
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/mullerbrandtmusiek
Instagram: @c.muller_brandt
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCKOMzywnRRb12apdm5Ftbiw
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za
Moedertaal Persverklaring Uittreksel
Muller Brandt het in Pretoria grootgeword en is reeds twaalf jaar in die musiekbedryf doenig. Sy pa se liefde vir
country-musiek het sy passie vir sing laat vlam vat en hy het nog nooit afgewyk van sy droom om ’n voltydse sanger
te wees nie.
Dié dertigjarige kunstenaar meen dat Theuns Jordaan die grootste invloed gehad het op sy eie styl, maar vind ook
aanklank by musikante soos Kris Kristofferson, Johnny Cash, Elvis Presley, Boney M, Bryan Adams, Bon Jovi, John
Mellencamp, Neil Diamond en Luke Combs.
“Goeie talent, gemeng met goeie karakter is die sleutel tot ’n lang en gesonde loopbaan. Mense inspireer my nie met
talent nie, maar met goddelike karakter,” sê hy. “Ek beskou myself as ’n denker en dit het my lank gevat om nie alles
te oordink wanneer dit by skryf kom nie. Alles wat jy skep hoef nie diep te wees nie. Alhoewel die meeste van wat ek
skryf aan die dieper kant is, glo ek dat musiek se krag van so aard is dat selfs die ligste liedjies ’n mens kan laat beter
voel. As iets werk, dan werk dit. As ek dit sing en dit voel reg, dan sing ek dit.”
Die musiekbedryf het vir dié veelsydige sanger geleer dat jy jouself kan verloor as jy nie weet wie jy is nie, dat jy
jouself nie met ander moet vergelyk nie en dat jy nooit moet vergeet wat regtig belangrik is nie. MOEDERTAAL
beklemtoon hierdie sentiment en is een van daai liedjies wat jou sal bybly lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor
het.
Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://MullerBrandt.lnk.to/Moedertaal
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/mullerbrandtmusiek
Twitter: @mullerbrandt
Instagram: @c.muller_brandt
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCKOMzywnRRb12apdm5Ftbiw
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
Google Knowledge Panel