Wikipedia

Soekresultate

Donderdag 22 September 2022

Jaycee Crause

Jaycee Crause

Jaycee Crause het al 'n ver pad gestap vandat hy die groot besluit moes neem om sy passie vir sang uit te leef of om te boer op hul Vrystaatse plaas. 

Nodeloos om te sê het die Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers 'n singende boer ryker geword. Nou, na twee uitstekende CD's, drie musiekvideos en talle optredes later is Jaycee 'n welbekende naam landswyd en het hope bewonderaars verower.

Jaycee is een van die hardwerkendste kunstenaars in die bedryf en glo daarin om waarde vir sy aanhangers en kliente te gee. Die goeie gehalte van sy optredes spreek vanself..goeie klank, goeie beligting en 'n professionele werkswyse is standaard met elke show. Of dit nou 'n klein kuierplek of enorme fees is maak nie saak nie ... Jaycee Crause gee dieselfde uitmuntende optrede vir die toeskouers.

Jaycee se liefde vir dans en kuiermusiek kom sterk na vore in sy CD's en van sy optredes. Hy het egter 'n sterk klasieke invloed in sy stem en inkorporeer verskeie luister en ligte klasieke liedjies in sy optredes. Hierdie samevoeging van style het veroorsaak dat Jaycee vir mense van 'n wye ouderdomsgroep en met verskillende musieksmake 'n gunsteling is.

Jaycee Crause is sekerlik een van die mees veelsydigste sangers in die bedryf en defnitief 'n aanwins vir enige funksie of optrede!

Blitsfeite

Geboortedatum: 31 Julie 1991

Sterreteken: Leeu

Bynaam: Oorlog

Kontak besonderhede:

Sel: 071 168 4238 E-pos: steven@musicmanagement.co.za


Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...