Joshua na die reën
About
http://youtu.be/PtZeL6y3o9U
Album en meer inligting besikbaar by www.jndr.co.za
Vir besprekings en navrae kontak: info@jndr.co.za
Description
Dis soveel meer as net geluk wat ek beleef, as jou hart sy diepste woorde aan my wêreld begin kleef. Jy hang die liggies deur die woud en ek vra dat jy nooit sal ophou om die liggies aan te dra.
Band Interests
Skryf,Natuur,Avontuur,kwailiteit tyd, vriende, familie,God, mense, inspireer,hoop....
Artists We Also Like
Coldplay, One Republic, Brooke Fraser, Jason Upton, brandi Carlile
Basic Info
Contact Info
Biografie
"Joshua na die Reën is 'n opwindende unieke nuwe stem op die Suid-Afrikaanse musiek horison. 'n Nuwe klank wat nog nie in Afrikaans gehoor is nie. 'n Oorspronklike liedjieskrywer en sanger met die mooiste melodieë. Luister gerus 'Dra die liggies'… 'Hardloop in die veld in'… en 'Lig op die Horison'...
Daar was lanklaas 'n mooi nuwe gesig en stem wat so gesout agter die klavier inskuif en die wêreld oorrompel met sy songs!"
~ Jak de Priester
Joshua na die Reën behandel uiteenlopende temas in sy musiek – van vrolike tot introspektiewe. Die liriese inhoud van sy album is gebaseer op persoonlike ervarings en is ten alle tye eerlik, onpretensieus en outentiek.
Joshua na die Reën se agtergrond as uitvoerende kunstenaar tel in sy guns wanneer hy die ateljee betree. 'n Mens hoor deesdae selde 'n snit op radio wat nie gemanipuleer is deur middel van tegnologiese kulkunsies nie. Teenstrydig met hierdie tendens voel Joshua na die Reën gemaklik om agter die klavier in te skuif en 'n liedjie vas te vang met slegs een opname. Dit laat hom toe om die volronde, organiese klank van die verhoog af deur te trek en vas te vang in die ateljee.
Sy liedjie “Lig op die horison” kan nou op ja.fm gehoor word. Maar wie is hierdie kunstenaar van wie Jak de Priester die volgende te sê gehad het: “…‘n nuwe klank wat nog nie in Afrikaans gehoor is nie: daar was lanklaas ‘n mooi nuwe gesig en stem wat so gesout agter die klavier inskuif en die wêreld oorrompel met sy songs!”
Joshua na die Reën is ‘n sanger, musikant en liedjieskrywer van die Jakaranda Stad. Dié verhoogkunstenaar het reeds op negejarige ouderdom skoonskip gemaak in die vokale kategorie by die Eisteddfod. Sy duidelike gawe vir musiek is na regte geprys op universiteit, waar hy in 2010 as die top Jazz student gegradueer het. Tydens sy studies bemeester hy die klavier as sy hoofinstrument, ‘n vaardigheid wat op hede sy sterk aanvoeling vir die kitaar oorskadu.
Kort na sy studies het hy homself tuis gemaak op die verhoog as pianis en agtergrondsanger vir Jak de Priester, en meer onlangs deel hy ook die verhoog met Bobby van Jaarsveld. Nou staan Joshua op die drumpel van die vrystelling van sy eie debuutalbum. In samewerking met musiekvervaardiger Ben Ludik, is die album vroeg in 2013 voltooi te Sunset Studios in Stellenbosch, waar vele bekendes al hul liedjies vasgelê het.
Die naam Joshua na die Reën verwys na ‘n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop: “Afhangende van die situasie is reën vir sommiges ‘n positiewe en vir ander ‘n negatiewe natuurverskynsel, maar dié wat daardeur geraak word besef dat dit lewe bring, al is dit wat daaruit voortspruit nie dadelik sigbaar nie.”
Sóms oorweldigend, sóms koesterend, die kragte van die natuur vertolk ‘n dubbele rol. Reën kan gewelddadige gevolge hê, maar is noodsaaklik om lewe te volhou. Die temas in Joshua se musiek wissel ook – van die vrolike tot die introspektiewe. Die liriese inhoud van sy album is gebaseer op persoonlike ervarings en is ten alle tye eerlik, onpretensieus en outentiek: ‘n realistiese optimisme en ‘n boodskap van hoop.
Afgesien van die feit dat die album se fondasie bestaan uit klavier- en kitaargedrewe snitte, behels invloede als van R&B tot stadion rock. Laasgenoemde sorg vir ‘n omvattende produk wat verskeie luisteraars in staat stel om aanklank te vind by sy musiek.
“Joshua na die Reën se kristalhelder stem, introspektiewe lirieke en meesleurende melodieë is wat hom gaan vestig as musikale talent. Die Suid-Afrikaanse musieklandskap smag na ‘n vars teug en hiérdie knaap is dít.” – Michelle Marais, Musiek Resensent, MK
Tags: Joshua na die Reën, Lig op die horison, Wie is