Dewald Dippenaar
Website
Dewald Dippenaar is ‘n volronde musikant en knap liedjieskrywer - in Afrikaans en Engels - en sy besonderse stem pas die rock en countryrock genre perfek.
Dewald se musiek loopbaan het begin as student in ekonomiese wetenskappe aan die universiteit van die Vrystaat. In 2000 verdien hy sy B.Econ graad en sing sederdien voltyds. Gedurende 2003 toer hy deur Engeland en sing vir die Britte gedurende ‘n sewe maande Lange toer.
Sy eerste volwaardige album ‘October Sky’ word in April 2005 vrygestel. Die album geniet goeie resensies in die media, en ook die Huis Genoot sien in Dewald die potensiaal om groot naam in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf te maak.
Gedurende 2007 word Dewald die nuwe ster van Select Musiek en sy album met die titel ‘Wys jou muis’ word in November 2007 vrygestel
Die 16 snitte op die album met die nommer 1 treffers 'Wys jou muis' en 'Plaasdorp' is sterk rock gedrewe en is met elemente van countryklanke en boere musiek wysies verweef. Dewald is self vaardig op die elektriese en akoestiese kitaar asook perkussie en het veertien van die snitte self geskryf. Van die land se voorste musikante soos Jasper van Rensburg op konsetina en baskitaar en ook Ricus Nel van die Dozi orkes het hand bygesit om hierdie album te laat kreun van voetstamp klanke en pure musikale lekkerte.
Gedurende Mei 2010 word sy nuutste album getiteld 'Bel die polisie' vrygestel.
Die nuwe album het 15 nuwe oorspronklike Afrikaanse snitte op waarvan Dewald 13 self geskryf het.
Dis ‘n gatskop en baie fris nuwe album met sterk rock melodieë en ‘n kraakvars produksie wat by ‘n breë gehoor aanklank vind en ‘n sterk verkoper is sedert sy vrystelling in Mei 2010.
Dewald het reeds vyf musiek videos (Wys jou muis, Plaasdorp, Jy is als, Wie is jy? en Bel die polisie!) wat gereeld op Kyknet se 'Jukebox', 'DKNT' en MK te sien is.
Onlangse televisie optredes sluit in
‘Dis hoe dit is met Steve’ (Kyknet en M-Net)
‘Glitterati’ (Kyknet)
‘DKNT’(Die Kyknet Top Tien)
‘Reise en Soetkyse’ (Kyknet)
‘MK Live’
‘Jakkals Jol’ (SABC 2)
‘The Breakfast Show’ (e-TV)
‘Fotostories’ (Kyknet)
'Jukebox' met Kurt Darren (Kyknet)
· Hou gerus die gig guide dop vir optredes in jou omgewing!
PAGE INFO
Short Description
BESPREKINGS: 076 024 9282
E-POS: events@topstar.co.za
TWITTER: @DewaldDippenaar
WEB: www.dewalddippenaar.co.za
Email
events@topstar.co.za
Website
http://www.dewalddippenaar.co.za/