Wikipedia

Soekresultate

Vrydag 23 September 2022

DJ Ossewa

 DJ Ossewa


Van waar DJ Ossewa?

DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 7 jaar gelede. Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie
afrikaners is, en met die naam en idee voorendag gekom het.


Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuur- vas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het.


Die groep bestaan uit 3 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies , Jerbes die Leeuboer . DJ Ossewa was oorspronklik 4 lede, maar moes ongelukkig afstand doen van hul broer en geliefste lid Raapie Knaapie,  wat is 2010 agv 'n motorongeluk, oorlede is, waarin die groep betrokke was. Hy sal altyd onthou word as deel van die groep, en 'n legende in die afrikaanse musiek bedryf.  Daniel, Raapie en Piet bly almal op Ossewasrus saam met Ouma Sanna Beskuit. Almal is Familie op die plaas.
Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie. Leeuboer woon op die plaas langsaan.

Soos almal weet, is dit nie n maklike lewe deesdae om n boer te wees nie, en toe dit so n klompie jare gelede begin agteruit  gaan met die boerdery, agv omstandighede, het Ouma Beskuit besluit om die klompie manne almal in een kraal te gooi, en hul na tante Koba toe gestuur vir sang lesse. Al was hul nou nie uitstaande boere nie, agv hul swak sig, kon hulle darem so nou en dan n noot hou, en ook n ordentelike partytjie hou. Dis toe waar als gebeur het. Na maande se voorbereiding en hard oefen het DJ OSsewa sy ontstaan gehad, en daarmee saam hul eerste konsert. Dit het so vinnig gekom en gegaan , en voor hulle hul oë kon uitvee was dit verby en het daar al hoe meer besprekings na hul kant toe gekom van regoor die land, en self in die buite land. DJ Ossewa het n wen resep gekry, lekker afrikaanse dans musiek met n komiese, lewendige vertoning. Konsertina, trekklavier, kitaar, banjo, mondfluitjie, lekker tradisioneel, met polsende ritmes en moderne afrikaanse klanke. Die manne van DJ Ossewa moes bondstaan want almal wou saam op die wa klim en die partytjie geniet.


Nie lank daarna nie, is hul eerste volwaardige album vrygestel met die titel Boeresports en alhoewel dit nou nie superster status gekry het nie, was dit die eerste groot tree in die afrikaanse musiek wereld vir die klomp opskoppers.

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/DJ%20Os%20album%20cover%20a.jpg

Na sowat n jaar is hul tweede album Voor oppie wa bekendgestel, en die cd het die volk behoorlik aan die gons gehad. Daar was skielik sprake van n DVD, en oral het mense DJ Ossewa aangemoedig om hul mannewales op kamera vas te lê.  So gesê, so gedaan, en hul eerste DVD Heeltemal LewenDig het sowat n 4 jaar gelede die winkelrakke, en die sitkamers met n geweldige plofslag getref. Dieselfde DVD is ook genomineer vir n toekenning in Afrikaanse musiek., en is 'n Platinum verkoper.

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/DJos%20cover%20a.jpg

In 2007 het die manne van DJ OSsewa hul derde album die lig laat sien Vannie os oppie jas, wat n dubbel album is en 35 liedjies bevat. Hul het die album goed deurdink en daar is ietsie vir almal om aan te smul.

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/i.jpg

Daarna het DJ Ossewa hul plaas streke en verhale in musiek vasgevang met die lawwe, maar uiters gewilde album, Innie lang gras (2009) wat ook benoem is in 3 kategorieë vir 'n Rapport Vonk toekenning, asook 2 Kategorieë vir die Huisgenoot Tempo toekennings.

 http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/option1e_smaller.jpg

Hul 2de volwaardige DVD "Manne-wa-lus" het in 2009 verskyn en blitsvinnig goue status bereik, nes die eerste dvd. Manne-wa-lus het ook die Huisgenoot Tempo Toekenning gewen vir gewildste DVD van 2009, en is genomineer vir 'n Rapport Vonk toekenning.

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/cover.bmp

Ook het DJ Ossewa hul 6de album "Die Groot trek...tot nou" in 2009 vrygestel, wat hul gunsteling en gewildste liedjies bevat van die vorige 4 albums.

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/groot%20trek.jpg

In 2010 het DJ Ossewa hul musikale talent nog beter vertoon met hul huidige album, "Nuwe Cd". Die album is hartlik ontvang deur ondersteuners reg oor die wereld, en verkoop steeds op die winkelrakke. Dit is ook die laaste album waarop hul geliefde vriend Raapie Knaapie, gesing het.

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/1a.jpg

In 2012 het DJ Ossewa 'n nuwe DVD en CD bekend gestel nl. "Geraas oppie Plaas".

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/DJ%20Ossewa%20DVD%20-%20Agterkant%20ook%20%20%20Logos.jpg

DJ Ossewa beskryf hul musiek as Progresiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Opskop Dansmusiek, n heel nuwe genre in Afrikaanse musiek vermaak.


"Ons is entertainers, wat daarop uit is om vir ons ondersteuners die konsert van hulle lewe te gee. Ons wil hê dat die mense van al die swaarkry, sorge, misdaad en als wat pla moet vergeet tydens die rukkie wat hul saam met ons spandeer. Dis hoekom ons van komedie in ons vertonings gebruik maak, saam met lekker afrikaanse dans musiek. n Mens moet lag ook, dit hou jou jonk."

Vandag reis DJ Ossewa reg oor die wêreld en maak musiek vir almal wat wil luister, en saam kuier. Oud en jonk spring op en af by vertonings, skouer aan skouer. Pa en seun speel die musiek ewe hard in die motor, en oupa het weer n spring in sy stap. Die groep doen tans tussen 120 en 150 vertonings per jaar en was al op verskeie TV programme as gaste, en by n groot aantal feeste. 

Maar DJ Ossewa bly nederig, en as hul nie op die pad is nie, is hul hard aan die werk op Ouma Beskuit se plaas met hul daaglikse take. 

DJ Ossewa is dalk nie multi miljoenêrs nie, ook nie Supersterre nie, maar een ding is verseker..........Hul kan Rock in hul taal, en solank daar mense is wat luister, sal die ossewa se wiele geolie bly.

Ossewa vir altyd!!

 Piet Pompies

 http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/IVO_7363a.jpg

 

Daniël Jakobus

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/edit16a.jpg

 

Jerbes Leeuboer

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/edit19a.jpg

 Raapie Knaapie

http://www.dinkumsite.com/CKFinder/userfiles/images/edit14a.jpg

Besprekings en navrae : sannie@djossewa.co.za

Algemene DJ Ossewa navrae : info@djossewa.co.za

Of , djossewaband@gmail.com

Daniel Jakobus : dj@djossewa.co.za

Piet Pompies : pompies@djossewa.co.za

Leeuboer (Jerbes) : leeuboer@djossewa.co.za

Stuur jou info vir ons email databasis :  wen@djossewa.co.za

DJ Ossewa kan geskakel word vir navrae by 0794987910


Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...