Wikipedia

Soekresultate

Saterdag 24 September 2022

Pedri

 Pedri















Basiese Informasie

Volle Regte Name

Pedri van der Westhuizen

Noemnaam

Pedri

Geboorte datum


Geboorte plek


Land van oorsprong


Sang Genres


Plate Maatskappy


Webwerf

                                  


Sosiale Media / Webwerf
Facebook: 
Twitter: 
Instagram: 
Deezer: 
Youtube: 
Spotify: 
Youtube Music:
Apple Music: 
Amazon Music: 
Facebook Persoonlik: 
Soundcloud: 
Wiki: 
Website: 

Vinnige Feite
Verhoog naam:
Aktiewe Jare:
Stokpertjies:
Troeteldiere:
Gunsteling kos:

Onderhoud Rekort

 Bio

Platemaatskappy
  
Genre
  
Musiek Instrumente
  
Musikale Invloede
 
Kort Beskrywing
  
Huidige Woonadres
Centurion
  
Afkomstig van
  
Skakelbeampte / Bemarkings Maatskappy / Besprekingsagent
Besprekings en Navrae:
Platemaatskappy:
  
Diskografie
CD's
  
Enkelsnitte
 
Filmografie
  
Ander

Enkelsnit Vrystelling Persverklarings

Pedri van der Westhuizen – Mooi oomblikke en Nou

Die sanger van Centurion Pedri van der Westhuizen jubel die lente binne met twee
splinternuwe enkelsnitte Mooi oomblikke en Nou.
Die millenniër het die musiekmark behoorlik in Januarie vanjaar binnegerock met sy
eerste enkelsnit, Deel van die lewe. Dié snit is baie goed deur plaaslike radiostasies
ontvang en musiekkenners was behoorlik op hol met sy gemaklike wêreldbeskouing en
ook die manier waarop die lirieke dit weerspieël.
Pedri was nog altyd daarvoor bekend dat hy musiekgenres uitdaag en ’n musikale
waaghals is. Dit kan ook duidelik in sy twee jongste enkelsnitte gehoor word; Mooi
oomblikke het ’n regte rock-lounge gevoel. ’n Mens kan jouself verbeel dat jy by ’n
skemerkelkierestaurant in Kampusbaai sit en die musiek net oor jou laat spoel.
Nou, daarteenoor, het meer ’n pop-rockgedrewe aanslag, maar hy wyk nie af van sy
sterk liriekgedrewe lewensfilosofie nie.
Pedri, wat beide snitte neergepen het, openbaar ongegronde diepte wanneer hy
filosofeer oor die geheime van die lewe en die nou – van die oomblik, om te lewe en
om lief te hê.
Mooi oomblikke is ook ’n amper-ode aan die argitipiese ouers en grootouers en hoe
hul lewensbeskouings ook sy eie lewe (dit kan ook op die luisteraar se lewe van
toepassing gemaak word) beïnvloed en verander het.
Pedri beskyf die liedjie as “’n snit wat jou terug gaan neem na spesifieke tye in jou lewe”.

“Die snit beskryf jou hartsmense – jou pa, jou ma, jou ouma, jou oupa, ’n vriend, dáárdie
mense wat jy koester. Dit gaan oor oomblikke wat jy saam met jou hartsmense gehad
het en nog gaan hê.”
Pedri het met dié snit die geheim van die lewe ontdek: Dit is dat die lewe eintlik vreeslik
eenvoudig is. “Ons kompliseer dinge onnodig,” vertel hy. “Dus, wees lief vir jou
hartsmense, want hulle kan deel word van mooi herinneringe en oomblikke.”
“Die mooi oomblikke wat jy saam so ‘n hartsmens gehad het en nog het. Koester elke
oomblik. Die lewe is eintlik so eenvoudig maar soms kan dinge (die lewe) geweldig
kompliseer. Wees lief vir die mense in jou lewe, want dit bring net soveel meer mooi
oomblikke.”
Nou volg bykans dieselfde liriekroete as Mooi oomblikke. Die lirieke beskryf ook die
verskillende tye in jou lewe; jou jeug, die ouderdom wat nie vir enigiemand wag nie.
Nou moet mense inspireer om te droom en te leef en nie te wag tot dit dalk te laat is nie.
“Ons almal het drome, maar ons stel dit partykeer tot dáárdie eendag…
“Ons dink dikwels dat ons dalk te groot droom en daarom niks daaraan doen nie,” glo
Pedri. “Ons lewe egter net een keer en daarom moet ons ook ’n verskil in ons wêreld
maak. Dit maak nie saak of dit klein of groot is nie.’”
Pedri is in Pretoria gebore en het ook in die Jakarandastad grootgeword. “Ek is baie lief
vir die buitelewe en vlug dikwels na ons plasie net buite die stad as die liggies, geraas en
verkeer té veel raak.”
Hy het aan die Hoërskool Montana in die noorde van Pretoria gematrikuleer en het sy
musiekstudies aan onderskeidelik Unisa, Rock School en SAMRI (South African Music
Industry) voltooi. Hy het verlede jaar vir ’n BA-graad in teologie ingeskryf en put
inspirasie vir sy lirieke uit sy studies.
Die aanslag van die twee enkelsnitte Mooi oomblikke en Nou is vars en nuut en ’n goeie
aanduiding van wat ons nog van Pedri kan verwag. Sy benadering tot sy eie
musiekloopbaan is heeltemal onkonvensioneel.
Mooi oomblikke en Nou is beide tegnies en musikaal baie goed versorg en is deur Josh
Oosthuizen vervaardig en opgeneem.

Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...