Wikipedia

Soekresultate

Vrydag 23 September 2022

Snotkop

 Snotkop













Snotkop

Birth name

Francois Henning

Also known as

Lekgoa (until 2005)

Origin

South Africa

Genres

Rap, sokkie, kwaito

Years active

1999–present

Website

www.snotkop.co.za



SA SE GROOTSTE POP SENSASIE!

Die nuwe, treffer belaaide SNOTKOP album 'EK LAAIK VAN JOL' wen ‘n 2012 SAMA en bereik PLATINUM STATUS! Sy nuutste treffer album ‘Oppas’ bereik goue status binne die eerste ses weke en is tans een van die land se top verkopers!

Ek laaik van jol is 'n versameling van 15 gatskop treffers, insluitend die party anthem 'Ek laaik van jol' en die hartroerende 'Song vir my Dad' wat Francois vir sy Pa geskryf het 'n week voor hy gesterf het. Die album word deur al die kenners beskou as Snotkop se beste werk tot datum. Sy weergawe van ‘Dis ‘n land’ het ook die land aan die gons!



SA se gewilde, SAMA WENNER, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat der duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, passie en aansteeklike energie!

Met vol gepakte sale en met meer as ‘n total van 150 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.

Uit die vyf Snotkop vrystellings was vier albums vir SAMA toekennings benoem vir beste Afrikaanse Pop album. Snotkop spog ook met nie minder as 9 toekennings nie, oa MK, Tempo en Vonk toekennings en in 2012 het ‘Ek laaik van jol’ weggestap met die SAMA vir beste Sokkie dans album.


Al sy albums is tot dusvêr ‘n unieke lewensreis tot waar Francois homself vandag bevind…

Groot geword in Johannesburg, Randburg en van kleins af het hy al gedroom van ‘n lewe op die verhoog met ‘n mikrofoon in die hand. Francois het drama studeer aan die Tswane Universiteit na ‘n moeilike paar jaar op skool as die swart skaap, met die droom om eendag ‘n groot ster te word... Met harde werk en geloof het hy dit reggekry om vandag een van SA se top name in die musiekbedryf te wees.


Al van ‘n baie jong ouderdom het hy begin werk aan sy loopbaan en het opnames gemaak van sy musiek wat hy gestuur het aan groot plaate maatskappye…

Sy eerste groot breek het egter gekom in 2002 toe hy sy eerste plaate kontrak los geslaan het as SA se eerste wit kwaito ster onder die naam ‘Lekgoa’. Dit was onmiddelik ‘n weghol sukses en die volgende vyf jaar het hy spandeer tussen duisende gillende aanhangers vanaf Soweto tot in Botswana. Lekgoa het ook ‘n baie suksesvolle toer voltooi in Frankryk en London met van die land se grootste name soos Soul Brothers en Mahotella Queens en het in die Suide van Frankryk op dieselfde verhoog opgetree as Johnny Clegg. CNN het onmiddelik belang gestel in die unieke kunstenaar met die onkeerbaare energie op die verhoog en het ‘n dokumentêr geskiet oor sy interresante lewe en loopbaan wat reg oor die wêreld uitgesaai was.


Francois, was ook te siene as akteur op programme soos Sewende laan, Generations, die aanbieder van MK se Petrolkop en het die onvergeetlike rol vertolk van ‘Riekie’ op die baie populêre RSG en Kyknet radio drama ‘Stralejakkers’.


In 2006 het Francois besluit dat dit tyd is om in Afrikaans sy moedertaal musiek te maak onder die verhoog naam ’Snotkop’, en dit ook, was oornag ‘n massiewe sukses. As tiener was Francois baie doelgerig en dit het hom soms as hardkoppig en as ‘n rebel laat voorkom. Sy Pa, Jan, het hom ‘Snotkop’ gedoop, ‘n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan die hart lê.

“Die liedjies op my albums verteenwoordig presies wie ek is, ek sing en rap oor verhoudings, geluk, teleurstellings, liefde, my reis deur die lewe, paarties, my drome, menslike dinge wat ek as Afrikaner ondervind het en wat my gemaak het wie ek is vandag”.


Die lirieke is eerlik en oud en jonk sal onmiddelik verstaan waaroor Snotkop praat!

“Ons almal is menslik, ervaar geluk en hartseer, ek is mal daaroor om te skryf oor gewone dinge wat die gewone ou ondervind, ons almal jaag nonsens aan, paartie en werk hard, ek lag oor sommige situasies waarin ons onself soms bevind, ek is wie ek is, leer deur my foute, en hê fun in die proses, ons vergeet soms om net eenvoudig te vier wie ons is”.


Francois maak sy merk deur om sy naam duidelik teen die muur te skryf en mense te inspireer om dieselfde te doen.


“Wees trots op wie jy is, jy is instaat tot GROOT DINGE, daar is geen ander persoon in die wêreld met jou unieke talent en energie nie, gebruik dit, maak jou merk, vergeet van wat ander mense van jou dink of sê, staan op vir jouself en gaan haal wat joune is…”


Reg oor die land is dit al bekend dat Snotkop beheer neem van ‘n verhoog en word beskou as een van Suid Afrika se beste live kunstenaars!


Francois Henning aka Snotkop is ‘n rare talent wat terug staan vir niks, en met sy unieke persoonlikheid, aansteeklike musiek en groot hart is dit geen wonder dat elke sokkie, braai, fees en byeenkoms dreun met sy Musiek, passie en positiewe energie nie!

Vir meer inligting, onderhoude, konsert besprekings en media pakette skakel Snotkop se eksklusiewe agent en bestuurder,

Louis du Plessis:

louis@bse.co.za

www.bse.co.za

Wendy Van Niekerk of Andrew James

Select Musiek

011 792 0145


CD’s Beskikbaar


Studio Albums[edit]

as Lekgoa

  • 1999: Basetsana

  • 2002: Ngamla Yoba

as Snotkop

  • 2005: Snotkop

  • 2008: So Damn Sexy

  • 2009: Francois Henning Was Hier

  • 2012: Oppas!

  • 2012: Ek Laaik Van Jol

Others[edit]

  • 2007: Spring Lewendig (Live album and DVD)

  • 2011: Die Beste Van Snotkop (Compilation album)

  • 2013: Wille Videos" (DVD)


Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...