Legkaart
Sosiale Media / Webwerf
Facebook:
Twitter:
Instagram:
Deezer:
Youtube:
Spotify:
Youtube Music:
Apple Music:
Amazon Music:
Facebook Persoonlik:
Soundcloud:
Wiki:
Website:
Vinnige Feite
Verhoog naam:
Aktiewe Jare:
Stokpertjies:
Troeteldiere:
Gunsteling kos:
Onderhoud Rekort
Bio
Platemaatskappy
Genre
Musiek Instrumente
Musikale Invloede
Kort Beskrywing
Huidige Woonadres
Afkomstig van
Skakelbeampte / Bemarkings Maatskappy / Besprekingsagent
Besprekings en Navrae:
Platemaatskappy:
Diskografie
CD's
Enkelsnitte
Filmografie
Ander
Enkelsnit Vrystelling Persverklarings
LEGKAART BRING ‘N VARS EN UNIEKE KLANK!
Die duo, Legkaart, wat bestaan uit Anrich Gericke en Werner van der Merwe, se debuut-enkelsnit – Wentelbaan –
het groot opslae gemaak in musiekkringe toe dit in 2020 uitgereik is. Dit is, onder andere, gekies as Jacaranda FM se
Hot Hit of the Week, RSG se Uitskieter van die Week en het die nommer een posisie op die Kraakvars Top 40-ranglys
beklee. Dít en die feit dat die liedjie al meer as 1 500 keer op plaaslike radiostasies gespeel het, het ’n suksesvolle
fondasie gelê vir hulle tweede enkelsnit om op voort te bou.
EK IS DAAR kom uit voorsanger, Anrich Gericke, se eie pen en is deur Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties
vervaardig. “Dit is ’n Afrikaanse pop-rocksnit wat die storie volg van twee geliefdes wat van mekaar geskei word
nadat een van hulle in ’n ander land moet gaan woon, maar ook hoe die verbintenis tussen hulle nie deur afstand
verbreek kan word nie,” deel dié Kapenaar oor die betekenis agter hulle nuutste enkelsnit. “Dis geïnspireer deur ’n
kombinasie van spesiale herinneringe uit ons verlede, wat dit vir ons ’n baie nostalgiese lied maak om vry te stel.”
Die duo hoop dat luisteraars sal aanklank vind by die liedjie en dat dit hulle sal laat uitsien na nog musiek die
toekoms. “Die liedjie bestaan uit ’n kombinasie van treffende klanke en unieke lirieke wat ons glo vir luisteraars ’n
vars briesie in hierdie genre sal wees.”
Laai die enkelsnit hier af: https://Legkaart.lnk.to/EkIsDaarMB
Legkaart is ’n musiekgroep van Durbanville in die Kaap. Omdat hulle glo dat elke groeplid, liriek en melodie bydra tot
wie hulle in geheel is, het hulle gedink dat dié naam baie gepas sou wees toe hulle in 2020 saam begin musiek maak
het.
Hulle het onderskeidelik fisioterapie en medies studeer en mekaar ontmoet toe hulle deel was van die Hippokrates-
serenadegroep in die koshuis. Aanvanklik was albei deel van ander groepe, maar het later begin saam musiek maak
toe dit nie uitgewerk het nie.
Hulle beskryf hulle styl as “poprock-musiek met ’n akoestiese hart, wat ingekleur word deur elektroniese klanke en
kleurvolle lirieke”.
Anrich het vanjaar aan Die Kontrak deelgeneem as Demi Lee se keuse en hulle het ook onlangs die voorreg gehad om
vir haar te open by ’n konsert. Daar is ook nog baie ander soortgelyke optredes en geleenthede in die pyplyn
waaroor hulle later meer sal verklap.
Anrich is die dertigjarige hoofsanger, liedjieskrywer en ritmekitaarspeler. Hy was nog altyd lief vir musiek, maar het
eers op die ouderdom van 19 begin kitaar speel en sing. Buiten vir sy studies, is hy ook besig om sy privaat
vlieglisensie te voltooi en meen hy dat hy ook daarvan sou hou om ’n vlieënier te wees. Hy hou van ’n wye
verskeidenheid musiek en vind veral aanklank by John Mayer, One Republic, Ed Sheeran, Taylor Swift, Bryan Adams,
2
Linkin Park en Die Heuwels Fantasties. Hy glo daaraan dat geleenthede nie in jou skoot val nie en dat jy dit vir jouself
moet skep.
Werner is die groep se hoof kitaarspeler en kom van Bloemfontein. Musiek was nog altyd een van sy groot passies
en hy speel al kitaar en klavier vandat hy in die laerskool is. Sy gunsteling-genres is rock, blues en alternatiewe rock
en hy meen dat musikante soos Jimi Hendrix, Jack Johnson, Stevie Ray Vaughan en John Mayer almal ’n invloed
gehad het op sy eie styl. Buiten vir musiek en sy studies, geniet hy dit om nuwe stokperdjies te probeer en glo dat jy
’n goeie skoot harde werk en geluk aan jou kant moet hê om suksesvol te wees in die musiekbedryf.
Die aanslag van Legkaart se nuwe enkelsnit, EK IS DAAR, is vars en nuut en ’n goeie aanduiding van wat van hulle
volgende enkelsnit en musiekvideo, wat in Oktober beskikbaar sal wees, verwag kan word. Dit is ook die begin van ’n
nuwe en opwindende hoofstuk in hulle musiekloopbaan.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/LegkaartOfficial
Instagram: @legkaart_anrich
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC633rj35SV6Li6gXGlmdAgg
PUBLISITEIT EN BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za