Wikipedia

Soekresultate

Woensdag 28 September 2022

Magdel Spanellis

 MAGDEL SPANELLIS

Magdel Spanellis was gebore in Windhoek, Namibië, en het het saam haar ouers na

die Kaap verhuis waar sy op 'n jong ouderdom haar liefde vir sang en die verhoog

ontdek het. Haar begin dae was agter die mikrofoon met karaokes.

2014 het sy haar lewe aan die Here gegee en begin om nie net in die kerk, maar ook

by ouetehuise,te sing tot en met 2021. Magdel het inspirasie gevind en begin werk

aan haar eerste album, nadat sy eers haar vuurdoop en bemarking by verskillende

kroeë en so meer moes deurmaak. Haar passie en energie vir die musiekbedryf het

haar vinnig met haar gehoor help vereenselwig. Soos vele ander sangers wat nie die

regte name agter hulle het nie, het Magdel harde bene gekou, foute gemaak, maar

tog sterker en meer gemotiveerd die anderkant uitgekom.

Tans is sy besig om nuwe liedjies op te neem en wil haar graag so gevestig kry in 'n

baie kompeterende mark met vasberadenheid omdat sy glo in haar vermoë.


KOLSKOOT GROEP (PTY) Ltd – Director: Linda Lemon – Registration Number: 2022/728249/07

Rooksein

  Rooksein Basiese Informasie Volle Regte Name Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Groep Naam      Rooksein Stigti...